

ADVERTISEMENT:

Wyle Paul Herman (71). Foto: Facebook.
News in brief Date: 07 November 2016
Die sake-gemeenskap van Louis Trichardt het die naweek met groot hartseer verneem van die afsterwe van mnr. Paul Herman.
Hy is vroeg Saterdagoggend, in die ouderdom van 71, in die Tzaneen MediClinic na ‘n lang siekbed oorlede.
Hy was veral bekend as die eienaar van Loutrec en is op ‘n stadium ook aangewys as die Soutpansberg Sakekamer se Besigheidsman van die Jaar.
Sy familie sal later in die week ‘n onderhoud toestaan aan die Zoutpansberger en 'n volledige berig sal in ons gedrukte uitgawe Donderdag verskyn. (Lees volle berig hier)
Hulle het bevestig dat daar hierdie komende Saterdag (12 November) ‘n roudiens vanuit die NG Kerk Moedergemeente vir hom gehou sal word. Dit sal om 11:00 begin.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
