

ADVERTISEMENT:

News in brief Date: 11 November 2016
Laerskool Louis Trichardt het Vrydag, 11 November, afskeid geneem van hul Graad 7’s met ‘n baie spesiale nuwe tradisie.
Buiten vir die tradisionele afskeidsdiens in die Haantjiekerk, het die Graad 7’s ook ‘n klokseremonie gehad by die skool. Die nuwe klok, met die woorde “God Seën Jou” is gebou danksy ‘n inisiatief van die Graad 7’s en hul ouers.
Elke Graad 7-leerling het die klok gelui en so simbolies afskeid geneem van hul maats en onderwysers wat agter bly.
Hou volgende week se Zoutpansberger dop vir meer foto’s.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
