

ADVERTISEMENT:

Afgeneem tydens 'n vorige hofverskyning is, van links na regs, Deon van Deventer, sy broer Nicolaas en Onward Muchagowa.
News in brief Date: 25 January 2017
Vermeende renosterstropers Deon van Deventer (48) en Niklaas van Deventer (51) sal na verwagting bykomende koste moet aangaan wanneer hulle saak hervat vandag in die Makhado landdroshof.
Na verwagting sal nog aanklagte teen die twee Van Denventer broers gebring word wanneer hulle saak vanoggend in die Louis Trichardt Streekhof hervat.
Die Van Deventers en Onward Muchagowa (41) is op 6 Januarie gearresteer nadat hulle na bewering ‘n afgesaagde renosterhoring in ‘n plastieksak ten tyde van ‘n polisiejaagtog op die Vivo-pad by hulle bakkie se venster uitgegooi het.
Buiten vir ‘n klag van die onwettige besit van ‘n renosterhoring, kan die drie ook aanklagte van die onwettige jag van ‘n bedreigde spesie ook opgelê word. Daar word vermoed dat die mans positief verbind kan word met twee afsonderlike gevalle waar renosters doodgeskiet en gestroop is van hulle horings.
Die Van Deventer broers het al by meer as een geleentheid in die verlede met die gereg gebots op soortgelyke klagte. Hulle het in 2007 skuld erken op renosterstropery en ‘n tyd agter tralies spandeer.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
