

ADVERTISEMENT:

News in brief Date: 31 January 2017
Inwoners van Louis Trichardt word gemaan om nie te val vir die vrygewige melkboer Johan Botha se slimpraatjies nie.
Botha, duidelik nie sy regte naam en van nie maar ‘n alias, is die afgelope paar maande besig om veral nie-winsgewende organisasies, ouetehuise en bejaardes om die bos te lei. Hy sal die instansies skakel met ‘n lang storie dat hy graag twee verwerkte beeste aan hulle wil skenk. Al wat hulle moet doen is om dit onmiddellik te kom haal. Dan sal hy die organisasies versoek om R275 in selfoonlugtyd vir hom te koop aangesien hy nie van die plaas af kan kom nie.
Wanneer hy die lugtyd se PIN-nommer ontvang het via SMS van sy slagoffer antwoord hy net nie weer die telefoon nie. Ons Tuiste Ouetehuis in Louis Trichardt is Dinsdag met hierdié slenter gevang. Die sogenaamde “Johan” skakel vanaf die telefoonnommer 082 705 4052.
Lees ‘n volledige berig hieroor in hierdie week se uitgawe van die Zoutpansberger.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
