

ADVERTISEMENT:

Riley en Connor Crafford, wat elke aand vir reën bid, baljaar in die water nadat dit 60 mm deur die nag tussen Vivo en Alldays uitgesak het op 29/30 Januarie skryf Veruschka Crafford.
News in brief Date: 07 February 2017
Wydverspreide reëns, nie net in die Soutpansberg nie, maar reg oor die Limpopo provinsie, het nie net die boere se gemoedere aangevul nie maar ook die riviere en ondergrondse watertafels.
Ná maande van droogte vloei die Limpoporivier weer deur die Mapungubwe Nasionale Park, danksy die onlangse goeie reënval in die gebied. Dit aldus ‘n persverklaring van SANParke. Van November verlede jaar tot aan die einde van Januarie is daar 400 mmm reën gemeet in die Mapungubwe Nasionale Park, waarvan 157 mm in November, 184 mm in Desember en 68 mm in Januarie geval het.
"Die Limpopo-rivier vloei weer deur die park," het SANPARKe aangekondig. “Nou is ons verlig, en dit voel goed om die rivier en die groenigheid van die park te sien.”
Die Mapungubwe Nasionale Park, wat deel is van die Mapungubwe-Wêrelderfenisgebied, bied besoekers die kans om ’n groot verskeidenheid wild, die Limpopo- en Shasherivier, asook die punt waar die grense van Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe bymekaar kom, te sien.
Die koerant het so veel as moontlik van die fotograwe se toestemming probeer kry om hierdie berig se meegaande foto's te kan publiseer, daarom gee ons krediet aan almal wat ons wel gebruik het. Dank gaan aan Veruschka Crafford, Lizette Roets, Gerrie Beukes en Hendrik Olivier vir die gebruik van hul foto's.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
