ADVERTISEMENT:

 

Mike die kat. Hy is tans in 'n kritieke toestand nadat 'n onbekende persoon hom in die kop geskiet het.

Kliniek in rou oor Mike die kat

 

News in brief  Date: 04 May 2017

 

‘n Hernude vlaag van wreedheid teenoor troeteldiere is besig om sy kop uit te steek in Louis Trichardt.

In die jongste voorval is Mike die kat in ‘n kritieke toestand, nadat hy in die kop geskiet is. Mike is die aanneem kat van die Blouberg Dierekliniek. “Dit is asof die dood hier by ons is ... almal is vreeslik hartseer oor Mike,” het een van die kliniek se veeartse, mnr. Freddie Harris, gesê.

Mike is gister opgetel deur Sarah Coronaios naby die Borrels Kleuterskool, ‘n entjie op van Blouberg in Munnikstraat. Sy het nie geweet Mike behoort aan die kliniek nie en het aanvanklik gedink hy is deur ‘n kar raakgery.

Dit is eers nadat daar x-strale geneem is van Mike se wond dat daar kon bepaal word dat hy in die kop geskiet is. Die koeël is net onder sy oortjies deur en het sy brein rakelings gemis.

Mike sterk tans aan by die kliniek en word fyn dopgehou vir moontlike bloeding op die brein. Intussen het Mike se versorgers hulle totale afkeer uitgespreek oor wat gebeur het, en hoop dat die persoon verantwoordelik tot sy sinne sal kom en nie weer iemand se troeteldier skiet nie.

Hou aan die Zoutpansberger lees om Mike se vordering te volg.

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines