ADVERTISEMENT:

 

Phillip Olivier afgeneem tydens 'n gala dinee van die Soutpansberg Sakekamer in 2014. Foto verskaf.

Voormalige SBBV bestuurder aangekla van diefstal

 

’n Voormalige bestuurder van die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV) het Vrydagmiddag (19de) in die Louis Trichardt Distrikslanddroshof verskyn op ’n klag van diefstal. 

Phillip Olivier (ouderdom onbekend) word daarvan beskuldig dat hy honderde duisende rande geneem het uit die SBBV se trustfonds. 

Die Zoutpansberger het bevestig dat Olivier Vrydagoggend deur die Makhado Polisie gearresteer en aangekla is. Hy het vlugtig in die hof verskyn waar hy op borg van R2 000 vrygelaat is. Olivier se saak is uitgestel tot en met 14 Junie om die polisie tyd te gee om die saak verder te ondersoek. 

'n Verteenwoordiger van die SBBV, mev. Inga Gilfillan, het die voorval telefonies bevestig, maar wou nie verder uitwei oor die saak nie. 

Die SBBV is publieke burgerregte organisasie wat veral daarmee gemoeid om druk te plaas op die Makhado Munisipaliteit om beter diens te lewer aan die Louis Trichardt gemeenskap. Verder ontvang en administreer die SBBV van hul lede (in 2015 was daar bykans 500 geregistreerde lede) se munisipale rekeninge. Lede, wat tydrowende toue by die munisipaliteit vermy, betaal maandeliks hul rekening direk by die SBBV. Die SBBV vra ’n klein administrasie fooi vir hierdie diens, en betaal self dan lede se rekeninge. 

Hou volgende week se uitgawe van die Zoutpansberger dop vir ’n meer volledige verslag.

News in brief - Date: 19 May 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: