ADVERTISEMENT:

 

Een van die twee voertuie wat in Maandagoggend se botsing op die hoek van Krogh- en Songozwistraat betrokke was. In die agtergrond (regs) staan die ander beskadigde voertuig.

Botsing in middedorp

 

Die polisie en plaaslike verkeersafdeling is tans besig met opruimingswerk ná ‘n botsing op die besige Krogh- en Songozwistraat-kruising in Louis Trichardt.

Twee voertuie was in die ongeluk betrokke. Na wat op die toneel verneem word, het die bestuurder van die een voertuig vanuit ‘n parkeerspasie langs Robot Elektries in Kroghstraat uitgetrek. Die bestuurder van die ander voertuig, wat in ‘n suidelike rigting in Kroghstraat onderweg was, het klaarblyklik vir die ander voertuig probeer uitswaai, maar in die proses het beide voertuie met mekaar gebots.

Nooddienspersoneel was op die toneel, maar sover daar vasgestel kon word, was die bestuurders van beide voertuie se beserings van ‘n minder ernstige aard.

News in brief - Date: 29 May 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: