ADVERTISEMENT:

 

Hoërskool Louis Trichardt se O/15-span kort nadat hulle Hoërskool Frans du Toit se span 33-24 geklop het die afgelope naweek hier in Louis Trichardt. 

Triegies speel tawwe rugby

 

News in brief  Date: 29 May 2017

 

Die rugbyspanne van Hoërskool Louis Trichardt het Saterdag op hul tuisveld bykans skoonskip gemaak in hul kragmeting teen Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa en drie van die vier wedstryde gewen.

Triegies se eerstespan het die Fransies oortuigend geklop met ‘n eindtelling van 49-26. Dié uitblinker in die wedstryd was Ali Sefole wat die meeste punte aangeteken het.

Die O/16-span wen hulle wedstryd 32-20 en die O/15’s wen 33-24. Triegies se O/14-span verloor hulle wedstryd 21-25.

Hou die week se uitgawe van die Zoutpansberger dop vir meer inligting en foto’s.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines