ADVERTISEMENT:

 

Onward Muchagowa, Niklaas van Deventer en sy broer Deon. Foto's verskaf.

Drie vermeende stropers se borgaansoek afgehandel

 

News in brief  Date: 30 May 2017

 

Die drie mans wat teregstaan op aanklagte wat met renosterstropery verband hou, Deon van Deventer (48), Niklaas van Deventer (51) en Onward Muchagowa (41), se borgaansoek is vandag afgehandel in die Louis Trichardt Distrikshof.

Hulle word daarvan aangekla dat hulle onwettig in die besit van ‘n renosterhoring was. Die drie staar ook klagte van die onwettige jag van renosters in die gesig.

Die drie is op 6 Januarie gearresteer nadat hulle na bewering ‘n afgesaagde renosterhoring in ‘n plastieksak ten tyde van ‘n polisiejaagtog op die Vivo-pad by hulle bakkie se venster uitgegooi het. Daar word vermoed dat die mans verbind kan word met twee afsonderlike gevalle waar renosters doodgeskiet en gestroop is van hulle horings.

Al drie die mans is van die opinie dat dit nie in die belang van reg en geregtigheid sal wees as hulle borg geweier word nie.

Landdros Bennie Smith sal sy uitspraak in die saak gee hierdie komende Vrydag (2 Junie). Tot dan sal die Van Deventers en Muchagowa in aanhouding bly.

‘n Volledige berig sal in hierdie week se uitgawe van die Zoutpansberger verskyn.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines