

ADVERTISEMENT:

‘n Vragmotor, wat in Barnardstraat na Schimper Singel se rigting onderweg was, het die bakstene op die hoek van Riana en Kempen se erf afgelaai. Die bestuurder van die vragmotor het beheer verloor toe sy vragmotor teen die afdraande afgeloop het.
News in brief Date: 01 June 2017
Riana en Kempen Claassens is Donderdagoggend vroeg “verras” gekry toe ‘n hele vrag bakstene in hulle erf “afgelaai” is.
‘n Vragmotor, wat in Barnardstraat na Schimpersingel onderweg was, het die bakstene op die hoek van Riana en Kempen se erf gestort. Die bestuurder van die vragmotor het beheer verloor toe sy vragmotor gestol en toe agteruit teen die afdraande spoed begin opbou het. Volgens die bestuurder wou die vragmotor se remme nie reg werk nie.
Sy vragmotor het ‘n boom getref, voordat die agterkant van sleepwa deur die hoek van Riana en Kempen se palissade-heining gebars het. Die vrag bakstene op die sleepwa het oor die sypaadjie en ‘n deel van die pad gespat. Beide die bestuurder en sy passasier het ongedeerd weggestap van die ongeluk.
“Die bestuurder kan gelukkig wees. Minute vantevore was daar nog verkeer in die straat en hy het hulle net-net gemis,” het Kempen opgemerk.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
