

ADVERTISEMENT:

News in brief Date: 02 June 2017
Saterdag kom Hoërskool Louis Trichardt se sportspanne te staan teen hul bure, Hoërskool Merensky van Tzaneen. Die byeenkoms word egter ook gebruik om fondse in te samel vir die Makhado Care Group, ‘n organisasie wat kankerlyers bystaan.
‘n Deel van die inkomste by die hekfooie gaan aan Makhado Care Group geskenk word, asook van die donasies wat ingesamel word vooraf en tydens die byeenkoms.
Die dag se bedrywighede begin reeds om 09:00 wanneer die O/14-rygbyspanne kragte meet. Terselfdertyd speel die junior sokkerspanne teen mekaar op die B-Veld en op die hokkievelde is die eerste seunspanne en die O/16-seunspanne in aksie.
Om 10:00 draf die O/15-rugbyspanne op die A-veld uit. Tien minute later is dit die O/16-dogters wat op die hokkieveld kragte meet asook die tweede dogterspan.
Die tweede rugbyspanne sal hul staal moet wys om 11:00 op die A-veld. Om 11:20 kan ondersteuners gereed staan by die hokkievelde wanneer die eerste dogterspanne kragte meet. Op die C-veld speel die O/15-dogterspanne. Die laaste hokkiewedstryde begin om 12:20 wanneer die O/14-seun- en die O/14-dogterspanne op onderskeidelik die B- en C-velde kragte meet.
Op die rugbyveld skop die O/16-wedstryd om 12:15 af en dit is ook die voorwedstryd vir die eerstespanne se kragmeting wat om 13:30 begin.
Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

ADVERTISEMENT:
