

ADVERTISEMENT:

'n Skermgreep van die selfoonprogram (app) TrueCaller wat wys die nommer waarvan af Boet Rousseau bel behoort aan 'n ene Leon Scheepers Boer.
News in brief Date: 27 June 2017
Inwoners van Louis Trichardt word gemaan om nie te val die slimpraatjies van ‘n vrygewige melkboer nie.
Dié melkboer is alweer bedrywig in die streek, hierdie keer onder die skuilnaam van "Boet Rousseau".
"Rosseau" het verlede week vir Laerskool Louis Trichardt belieg om lugtyd uit hulle te kry. Hy is al vir die afgelope paar maande besig om veral nie-winsgewende organisasies, ouetehuise en bejaardes om die bos te lei.
In Januarie het "Rosseau" – toe onder die skuilnaam van "Johan Botha" – sy visier gehad op Ons Tuiste Ouetehuis in Louis Trichardt.
In die geval van die laerskool wou "Rosseau" die vleis van uitgeslagte melkbeeste aan die skool se koshuis skenk. Al wat die skool moes doen was om dit onmiddellik te gaan afhaal. So met die reëlings tref het "Rosseau" versoek dat die skool R275 in selfoonlugtyd vir hom koop aangesien hy nie van die plaas af kon kom nie. Nadat hy die lugtyd se PIN-nommer ontvang het via SMS vanaf sy slagoffer, het hy net nie weer die telefoon nie geantwoord nie.
In Januarie het “Johan” geskakel vanaf die telefoonnommer 082 705 4052. "Rosseau" het die laerskool geskakel vanaf die telefoonnommer 060 689 5604.
Lees ‘n volledige berig hieroor in hierdie week se uitgawe van die Zoutpansberger.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
