

ADVERTISEMENT:

Wyle Jakkie Geldenhuys. Foto verskaf.
News in brief Date: 31 July 2017
Die Soutpansberg-gemeenskap treur saam met die Geldenhuys-familie van Louis Trichardt met die hartseer nuus van die skielike dood van mnr. Jakkie Geldenhuys (45). Hy is Saterdagaand ná ‘n tromp-op botsing net buite Boksburg oorlede.
Jakkie was veral in Louis Trichardt bekend waar hy vir 17 jaar werksaam was by Pest Control Specialists. Hy het die maatskappy in 2015 vaarwel geroep om ‘n pos te aanvaar by die Pest Control Specialists-tak in Randburg. Hy het daarheen verhuis om nader te wees aan sy dogter wat tans in Germiston woon.
‘n Meer volledige huldeblyk vir wyle Jakkie sal in hierdie week se uitgawe van die Zoutpansberger gepubliseer word.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
