

ADVERTISEMENT:

Lede en speurders van die Makhado Polisie omring die lyk van 'n onbekende man wat vanoggend vroeg gekry is in Kortstraat, langs die heining van die munisipale toetsgronde.
News in brief Date: 14 August 2017
Die polisie in Makhado krap kop nadat ‘n onbekende man se lyk vroeg Maandagoggend (14 Augustus) langs die munisipale toetsgronde gevind is.
Volgens die plaaslike polisiewoordvoerder, konst. Irene Radzilani, is die polisie ongeveer 05:30 in kennis gestel van die lyk. “Die man het op sy maag gelê, langs die heining,” het Radzilane vanoggend gesê. Sy het bygevoeg dat daar – met die eerste oogopslag – nie enige sigbare tekens van ‘n struweling aan die man se lyf gevind kon word nie.
“In hierdie stadium vermoed ons nie enige gemene spel nie. Ons beroep ons wel op die publiek om ons te help om die man te identifiseer,” het Radzilane bygevoeg. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen vir verdere ondersoek.
Die man se ouderdom word geskat tussen 28 – 35. Hy het ‘n denim langbroek, swart sweetpak baadjie en hemp aangehad en wit Adidas tekkies, met kort hare.
Enige iemand met inligting wat die polisie kan help met hul ondersoek kan die Makhado Polisie se aanklagte kantoor skakel by tel. 015 519 4300.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
