

ADVERTISEMENT:

Van die militêre plofstof en ammunisie wat die Valke op beslag gelê het toe hulle Donderdag, 31 Augustus, 'n plaaslike besigheid in Kortstraat deursoek het. Foto: Limpopo Valke.
News in brief Date: 31 August 2017
‘n 46-Jarige man van Louis Trichardt is Donderdagmiddag, 31 Augustus, deur die polisie se direktoraat vir prioriteitsmisdade (Valke) gearresteer nadat hy glo onwettige plofstof in sy besit gehad het.
Volgens ‘n woordvoerder van die Valke se eenheid in Limpopo, kapt. Matimba Maluleke, het die ondersoekspan gereageer op ‘n wenk dat die man plofstof op sy besigheidsperseel aanhou. “Die span het die man se besigheid – ‘n skrootmetaalwerf – gaan deursoek en nie net militêre plofstof nie, maar ook R5-ammunisie gekry,” het Maluleke gesê. Hy het gesê daar is ook op rookgranate beslag gelê.
Die besigheid is geleë in Kortstraat.
Volgens Maluleke is die man in arres geplaas en sal hy in aanhouding bly tot en met Maandag wanneer hy voor die Louis Trichardt Distrikslanddroshof sal verskyn op aanklagte wat verband hou met die onwettige besit van plofstof en ammunisie.

ADVERTISEMENT:
