ADVERTISEMENT:

 

Die 46-jarige Danie Pieta wat daarvan beskuldig word dat hy militêre plofstof en ammunisie onwettig in sy besit sou hê.

Danie Pita in hof oor onwettige plofstof

 

News in brief  Date: 04 September 2017

 

Die Valke het die identiteit van die man wat verlede week in Louis Trichardt gearresteer is op klagte dat hy onder meer plofstof en onwettige ammunisie in sy besit gehad het, bekend gemaak.

Hulle het die man geïdentifiseer as die 46-jarige Danie Pita. Pita het die dag ná sy arrestasie op 31 Augustus, vlugtig in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn op verskeie klagte. Hy is nie gevra om te pleit nie.

Volgens ‘n woordvoerder van die Valke se eenheid in Limpopo, kapt. Matimba Maluleke, het die ondersoekspan gereageer op ‘n wenk dat Pita militêre plofstof op sy besigheidsperseel aanhou. “Die span het die man se besigheid, ‘n skrootmetaalwerf, gaan deursoek en nie net plofstof nie, maar ook R5-ammunisie gekry,” het Maluleke gesê.

Pita se saak is Vrydag uitgestel tot en met Dinsdag, 5 September, wanneer hy na verwagting ‘n formele borgaansoek sal bring. Intussen is hy steeds in aanhouding sedert sy arrestasie.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines