ADVERTISEMENT:

 

'n Skermgreep van beeldmateriaal wat een van die twee verdagtes wys wat by die Soutpansberg Spar ingebreek het.

VIDEO: Twee dra duisende in sigarette weg

 

“Dit was soos ‘n ‘wholesale clean-out’ hier by ons gewees ...”

Só het mnr. Chris de Beer van Soutpansberg Spar Vrydagoggend, 13 Oktober, gesê oor die inbraak by die winkel gedurende die aand.

Werknemers het bewus geword van die inbraak toe hulle die winkel oopgesluit het. “Iets soos hierdie [inbraak] is baie ontmoedigend vir ons personeel,” het De Beer gesê.

Daar is beeldmateriaal van die inbraak, alhoewel die alarmstelsel blykbaar nie afgegaan het nie. Op die beeldmateriaal kan gesien word hoe twee diewe verskeie streepsakke vol sigarette uit die kiosk pak. Die diewe was gemasker gewees, een met ‘n sykous oor sy kop getrek en die ander makker met ‘n veiligheidsmasker. Dit is duidelik die diewe het geweet hulle het baie tyd. Hulle het selfs vir 'n tweede keer teruggekom om nog sigarette te steel.

Volgens De Beer het die diewe al die goedkoper sigarette gevat en die duurder handelsmerke gelos. “Hulle het die sigarette gevat wat hulle weer vinnig kan verkoop,” het De Beer gesê. Hy skat die sigarette se waarde ver oor ‘n R100 000.

Makhado polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilane het gesê ‘n saak is geopen en word ondersoek deur die polisie.

News in brief - Date: 13 October 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: