ADVERTISEMENT:

 

Hulp dringend nodig om Relay te reël

 

News in brief  Date: 24 October 2017

 

Mnr. Dirk Meissenheimer, voorsitter van die reëlingskomitee wat jaarliks Louis Trichardt se Kansa Relay for Life organiseer, het die datum vir volgende jaar se Relay aangekondig.

Die 2018 Relay for Life vind plaas op 9 en 10 Maart. “Die komitee benodig egter dringend hande wat kan help,” het Meissenheimer gesê. Hy het gesê dat indien hulle nie genoeg hande kry nie, hulle geen keuse sal hê om die Relay te kanselleer nie.

Volgens Meissenheimer benodig hulle 12 vrywilligers wat bereid sal wees om hul tyd op te offer vir hierdie goeie doel. “Baie mense vra wat doen Kansa vir kankerlyers plaaslik. Dit is egter nie so maklik om te verduidelik. Alhoewel Kansa nie individuele mense help nie, stel hulle wel fasiliteite beskikbaar waar kankerlyers behandel kan word, soos die hospice in Polokwane en Pretoria. Buiten die infrastruktuur, moet daar ook personeel aangestel en onderhou word om pasiënte te versorg. Al hierdie dinge kos geld. Dan is daar ook nog die talle mobiele klinieke wat onderhou moet word,” het Meissenheimer gesê.

Die komitee vergader elke eerste Dinsdag van die maand. “Ons benodig mense wat onder meer kan help met die Survivors, luminaria seremonie, logistiek, spyseniering en jeugontwikkeling,” het Meissenheimer gesê. Dit is egter noodsaaklik dat mense wat kan help hom so spoedig moontlik moet skakel. “Verkieslik voor Maandag, 30 Oktober, want ons moet so vinnig as moontlik ons beplanning deurgee vir Kansa se hoofkantoor,” het Meissenheimer gesê.

Kerke, skole, staatsdepartemente, diensorganisasie ensovoorts word uitgenooi om solank aan volgende jaar se Relay te begin dink met die oog daarop om spanne in te skryf.

Persone wat kan help kan vir Meissenheimer skakel by tel. 082 789 3927.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines