ADVERTISEMENT:

 

Leerlinge en onderwysers van die CVO Skool Vivo. Foto verskaf.

Louis Trichardt inwoners beplan om #BlackMonday-veldtog te steun

 

News in brief  Date: 30 October 2017

 

Inwoners van die Soutpansberg-streek het Maandag ook swart aangetrek uit solidariteit met die slagoffers van geweldsmisdaad op plase.

Duisende mense het in verskillende dele van die land, asook in ander lande, opgetrek ter ondersteuning van die protes genaamd #BlackMonday wat ten doel het om internasionale bewustheid oor die aanvalle en moorde van boere in die land kweek. Verskeie van die groot paaie in Kaapstad en in Pretoria is geblokkeer, waar mense saamgekom het en gebedsaksies gehou het.

Die opgtogte volg ná die moord op die boer Joubert Conradie van Klapmuts vroeër hierdie maand. Dit was die vierde aanval op ‘n Wes-Kaapse plaas vir Oktober.

‘n Hartseer familielid van Conradie het in ‘n video, wat wyd op sosiale media versprei is, by Suid-Afrikaners gepleit om Maandag agter die boerderygemeenskap te verenig en swart aan te trek.

Plaaslik was daar reeds ‘n massa-optog Sondagaand vanaf die N1-noord wat deur die Bluegumspoort Plaaswag se lede ondersteun is. Boere van daardie omgewing het by die Bluegumspoort- en Witvlagpad saamgekom en tot in Louis Trichardt in konvooi gery.

In Louis Trichardt word ‘n massa samekoms gereël deur die verskillende plaaswagte en die Soutpansberg Dorpswag.

Belangstellendes sal op die dorp se rugby veld kan bymekaar kom, waar daar ‘n gebedsaksie sal wees. Daarna sal die verskillende plaas- en dorpswaglede opbreek en die aksie afsluit met ‘n bewegende patrolie op verskillende punte in en om Louis Trichardt.

Mense wat graag wil betrokke raak of meer inligting wil bekom oor die samekoms kan die voorsitter van die Soutpansberg Dorpswag, mev. Nella Kleynhans, skakel by tel. 079 882 1831 of vir mev. Hester Bayes van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie by tel. 082 302 8762.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines