ADVERTISEMENT:

 

Stormsterkte rukwinde het Chris en Sonja Greyling se hoenderboerdery Woensdagaand lamgelê, nadat twee van sy vyf hoenderhokke op die plaas se dakke weggewaai is. Foto’s verskaf.

Stormwind lê boerdery lam

 

News in brief  Date: 17 November 2017

 

Woensdagaand se donderstorm en gepaardgaande sterk winde oor die Soutpansberg het plek-plek redelike ernstige skade veroorsaak.

Van die wat ernstige skade gelei het, was Chris en Sonja Greyling van die plaas Marton sowat 27 km vanaf Louis Trichardt op die Vivo-pad. Binne ‘n kwessie van sekondes het sterk rukwinde sowat R60 000 se skade aan sy hoenderhokke aangerig. “Die wind het sowat 15:00 begin waai. Aanvanklik nie so sterk nie, maar hier van 16:00 het dit al hoe sterker begin waai,” het Chris gesê.

Chris-hulle het vyf groot hoender hokke, elke met sowat 1 500 hoenders daarin, op die plaas. Hulle is afhanklik van hul hoenderboerdery.  “Omtrent 18:00 het ek stof by die hokke gesien en die volgende oomblik is dit spierwit van die reën. Toe dit paar minute later bietjie opklaar, toe sien ek eers twee van my hoenderhokke se sinkdakke is afgewaai,” het Chris gesê.

Die krag van die rukwinde was so sterk, dat een van die hoenderhokke se dakke sowat 200 m verder in die buurman se plaas beland het. “Die skade beloop sowat R30 000 per hoenderhok,” het Chris gesê. Hy is platgeslaan as gevolg van die skade, aangesien hy geen versekering op die strukture het nie. “Dit lê ons lam. Binne sekondes het die rukwinde my uitgehaal. Hoenderboerdery loop in siklusse. Elke twee weke moet nuwe hoenders in die hokke gesit word. Met die stukkende hoenderhokke het my boerdery op slag met 70% verklein,” het Chris gesê. Gelukkig het die hoenders in die twee hokke nie seer gekry nie. “Ons sal enige hulp en raad van watter aard ookal waardeer,” het Chris gesê. Hy kan geskakel word by tel. 082 588 8596.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines