ADVERTISEMENT:

 

Wyle oom Julius Kemp (links) en oom Pieter Ahrens (regs). Foto's verskaf.

Twee pioniersfigure in boerderygeledere oorlede

 

News in brief  Date: 23 January 2018

 

Die Soutpansberg-gemeenskap treur hierdie week saam met die families van twee pioniersfigure in plaaslike boerderygeledere wat oorlede is.

Oom Julius Kemp, ‘n bekende in die Mara-omgewing, is Saterdagaand (20 Januarie) in die ouderdom van 84 jaar oorlede. Hy word Donderdag, 25 Januarie, om 10:00 op die familieplaas Spitskop begrawe. Vir meer inligting kan sy skoondogter Estelle geskakel word by tel. 082 940 7508.

Dinsdagoggend het inwoners wakker geword met die hartseer nuus van die skielik dood van die 83-jarige oom Pieter Ahrens van die Piesanghoek-omgewing. Hy is Maandagaand op sy plaas Berghof aan ‘n hartaanval oorlede.

Volgens voorlopige reëlings vind ‘n roudiens vir hom eerskomende Vrydag (26 Januarie) vanuit die Gereformeerde Kerk in Louis Trichardt plaas. Vir meer inligting hieroor, kan sy seun Frits geskakel word by tel. 082 897 0068.

Volledige huldeblyke vir beide oom Julius en oom Pieter verskyn in hierdie week se uitgawe van die Zoutpansberger.   

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines