ADVERTISEMENT:

 

Wyle tannie Renette Nel (73). Foto: Facebook.

Dorp groet tannie Renette Nel

 

News in brief  Date: 15 March 2018

 

Een van Louis Trichardt se bekendste en mees geliefde afrigters, is Woensdag skielik oorlede.

Renette Nel (73), by baie inwoners beter bekend as die “gimnastiek tannie” weens haar jarelange betrokkenheid by die Louis Trichardt Gimnastiekklub, is in die Wilgers Hospitaal in Pretoria oorlede. Dit het gevolg nadat daar komplikasies gekom het nadat sy ‘n angiogram ondergaan het.

Tannie Renette sal Woensdag, 21 Maart, vanuit die NG Kerk-Moedergemeente om 11:00 begrawe word.

‘n Volledige huldeblyk vir tannie Renette sal in volgende week se uitgawe van die Zoutpansberger verskyn.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines