

ADVERTISEMENT:

'n Lykswa wag om die liggaam van die vermeende rower te laai.
News in brief Date: 01 May 2018
Die Makhado Polisie het Dinsdagoggend ‘n vermeende huisrower doodgeskiet.
Die soektog na nog twee moontlike verdagtes duur tans nog voort.
Volgens inligting ontvang op die toneel het die polisie twee, moontlik drie, verdagtes gesoek wat Maandagaand betrokke was by ‘n gewapende huisbraak naby Tshikota. Die verdagtes is glo langs die N1 noord opgemerk, naby Cloud’s End.
Hulle het op die vlug geslaan en in ‘n suidelike rigting deur die bosse gevlug.
Een van die verdagtes het na bewering probeer weerstand bied in die bosse oorkant Louis Trichardt Lodge en ‘n vuurwapen gerig op die polisielede wat hom agtervolg het. Dié verdagte is deur die polisie gewond en is dood op die toneel.
Plaaslike polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilane het bevestig dat daar 'n skietvoorval was, maar dat die ondersoek nog voortduur en dat meer besonderhede later aan die media bekend gemaak sal word.
Lede van die Soutpansberg Dorpswag is ook tans op die toneel om die polisie te ondersteun. Die vermoede bestaan dat die polisie hul honde-eenheid en helikopter gaan ontplooi om te help in die ondersoek.
Hou die koerant dop om te sien hoe die storie ontvou.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
