ADVERTISEMENT:

 

Werda Toyota se finasiële bestuurder, Sandra Leeson (links), afgeneem saam met Charl Venter van die Elim Beja Plaaswag tydens die trekking van die wenners se name.

Elim Beja Plaaswag wys wenners aan

 

News in brief  Date: 25 August 2018

 

Die Elim Beja Plaaswag het verlede Vrydag die wenners van hulle gelukkige trekking kompetisie aangewys. Die trekking van die pryswenners se name is by Werda Motors deur die maatskappy se finansiële bestuurder, Sandra Leeson, gedoen.

Charl Venter het namens die Elim Beja Plaaswag vir Werda Toyota bedank vir die professionele hantering van die trekking. Hy het ook vir Leach Printers bedank vir die druk van die kaartjieboekies, asook elkeen wat ‘n kaartjie help verkoop of self ‘n kaartjie gekoop het. “Ons is baie dankbaar aan die borge van die waardevolle pryse,” het Venter gesê.

Die eerste prys, ‘n blouwildebeesjag ter waarde R11 000, geborg deur Coila Safaris, is gewen deur Deon van Tonder. Nick Smit het met die tweede en derde prys weggestap, wat ingesluit het die jag van ‘n rooibokram, geborg deur TJ Safaris, en ‘n 25-watt LED Sniper kollig, geborg deur Cycle Centre. Beide pryse het ‘n waarde van R2 500.

Alta Schwerdtfeger het met haar kaartjie die vierde prys (‘n slagvark ter waarde van R1 500 geborg deur Thinus van As Boerdery) gewen, terwyl Akker Jordaan die vyfde prys, ‘n motorfiets onderhoud pakket ter waarde van R500, geborg deur Liqui Moly, gewen het.

“Elim Beja Plaaswag kan nou veiligheidsbaadjies en mediese items soos verbande en ander noodsaaklike items vir ons noodhulptasse koop. Ons bedank almal vir die ondersteuning en bevestig dat ons hier is om ons beste te doen om ons gemeenskap veilig te hou,” het Venter gesê.

 

Written by

Jo Robinson

Jo joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2018 pursuing a career in journalism after many years of writing fiction and non-fiction for other sectors.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines