Ramp op ramp
“My senuwees is op breekpunt … ek het al twee keer gedink ek kan nie meer nie...” Emosionele woorde van die 68-jarige tannie Petro Weyers van Louis Trichardt, nadat ‘n vuur die afgelope week haar motorhuis en motor by die Kismet-kompleks verswelg het. Die ongeluk het haar omstreeks 17:00 op Donderdag, 14 April, getref.



