Dorp in misdaadgreep
Misdaad in die dorp was die afgelope naweek buite beheer gewees, met twee moorde wat binne ure van mekaar aangemeld is. Die dorp en omgewing het sedert Junie vanjaar ‘n styging in misdaad ervaar. Dit is veral die stygende gewelddadigheid wat met die voorvalle gepaard gaan wat inwoners diep bekommerd maak.



