Smail skuldig aan moord op twee mans
Geregtigheid het ná jare geskied vir die Buysdorp-gemeenskap. Die 66-jarige Alexander Smail is hierdie week in die Louis Trichardt Streekhof skuldig bevind aan die moorde op Cornelius Bruce Joachim (20) en Sergio Buys (21).



