ADVERTISEMENT:

 

Sensei Andrea Pretorius (links) wat op 19 November haar 2de dan in JKA karate verwerf het. Saam met haar staan sensei Johan Roets, president van LKA Suid-Afrika, wat die gradering waargeneem het. Foto verskaf.

Andrea vewerf haar 2de dan in JKA

 

Sport  Date: 02 December 2011

 

Sensei Andrea Pretorius van die Braambos Karateklub op LMB Makhado het op Saterdag, 19 November, nog ‘n mylpaal in haar loopbaan bereik toe sy haar 2de dan in JKA karate verwerf.

Dieselfde dag slaag Andrea haar eksamen as Suid-Afrikaanse JKA-skeidsregter. Tans spog sy met 'n karateloopbaan van 18 jaar met 'n 2de dan in beide JKA- en sportkarate. Sy het ook haar 1ste dan in shukokai karate en skopboks.  Daarbenewens is sy ook ‘n gekwalifiseerde skeidsregter in Alle Style Karate (KSA).

Vir die afgelope 15 jaar verower Andrea provinsiale kleure in karate en in 2010 word sy opgeneem in die Suid-Afrikaanse Lugmagspan (SALM) en verower so SALM-kleure, met vier goue medaljes en een silwer medalje tydens die SALM-kampioenskap in Bloemfontein. Die hoogtepunt van Andrea se loopbaan was egter toe sy haar Protea-kleure verwerf met een silwer en een brons medalje en twee vierde plekke.  In 2009 word Andrea en tien van haar karatekas opgeneem in die span wat aan die Wêreld Kampioenskappe gaan deelneem en die spannetjie bring 14 medaljes huis toe.

Volgens Andrea het die afgelope 18 jaar as karateka en skeidsregter haar baie harde werk, dissipline en toewyding gekos. Sy het waardering uitgespreek vir haar ouers, familie en vriende se ondersteuning.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines