ADVERTISEMENT:

 

Prestige lugwedren in Polokwane aangebied

 

Sport  Date: 21 May 2004

 

POLOKWANE – Plaaslike vliegentoesiaste moet daarvan kennis neem dat die baie gewilde Presidentstrofee Lugwedren vanaf 10 tot 12 Junie hier aangebied word.

Sedert 1937 is dit die tweede keer in die geskiedenis dat dié vooraanstaande lugvaart kompetisie hier aangebied word. Dit sal plaasvind by die stad se siviele vliegveld.

Registrasie vind op Donderdag (10de) plaas. Die eerste wedren sal Vrydagoggend beslis word om wegspringplekke te bepaal vir die finale wedvlugte op Saterdag (12de). Die organiseerders verwag 'n inskrywingstal van 100 ligte vliegtuie. Beide vlieënier en navigator se vaardighede en noukeurigheid sal tydens die lugwedren getoets word.

Belangstellende vlieëniers en entoesiaste kan meer inligting bekom deur die webwerf www.ptar.co.za te besoek of vir Dries Briers te skakel by tel. 083 444 8324.

Buiten vir die lugwedren sal daar deurlopend 'n kostent en biertuin beskikbaar wees. Daar word ook 'n kunsmark vir die Saterdag beplan. Uitstalruimte kan bekom word teen R100 per stalletjie en eie tafels ensovoorts moet saamgebring word. Vir meer inligting oor die stalletjies, skakel Ilse-Marie by tel. 082 562 4219 of Izelle by 083 280 1583.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines