ADVERTISEMENT:

 

Pierre Jonker

Pierre stap nou uit vir Attleborough

 

Sport  Date: 14 May 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Pierre Jonker, 'n plaaslike krieketspeler wat tot onlangs vir die dorp se eerste krieketspan uitgestap het, speel tans vir die Attleborough Krieketklub in Engeland.

Die goue geleentheid vir internasionale blootstelling het Pierre te beurt geval danksy die hulp van die plaaslike Tafelronde. Die Attleborough Krieketklub het die Tafelronde genader met 'n versoek dat hulle op soek is na 'n snelbouler. Aanvanklik is tien spelers, onder meer lede van die Titans Academy wat bestaan uit spelers van Limpopo, Noordwes en Noord Gauteng, genomineer. Gelukkig vir Pierre was hy die perfekte keuse.

Pierre het reeds twee paaltjies vir sy klub ingeoes waar hulle in die English Warwickshire League deelneem. Daarbenewens het hy in een wedstryd 40 lopies met die kolf aangeteken. Hy woon in 'n woonstel op die klubterrein en sien onder meer om na die veld. Hy het ook reeds die geleentheid gekry om skouers te skuur met wêreldbekende krieketspelers soos Nick Knight en die Waugh-broers. As hy nie krieket speel nie, help hy uit by 'n kroeg vir ekstra sakgeld.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines