ADVERTISEMENT:

 

Jessica McMurtrie, O/19-atleet van Hoërskool Louis Trichardt, ontvang die trofee vir die beste senior meisiesveldatleet tydens die jaarlikse interhoër atletiekbyeenkoms wat op 24 Februarie by die Peter Mokaba stadion in Polokwane aangebied is. Jessica het baie goed presteer in gewigstoot. Ses skole het deelgeneem. Die Triegie meisiesatlete het ‘n derdeplek behaal,die seuns ‘n vierdeplek en die skool het algeheel vierde geëindig. Die eerste drie skole is Pietersburg Hoërskool, Merensky en Tom Naudé, wat 10 punte meer as die Triegies behaal het. Die sangbeker het aan Hoërskool Frans du Toit gegaan. “Die Triegies op die pawiljoene was ongelooflik gedissiplineerd en ons is trots op hulle,” sê die skoolhoof, mnr. Henry Denner.

Jessica is beste veldatleet

 

Sport  Date: 02 March 2012

 

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines