

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 09 March 2012
Die Super16-reeks skop af met groot oorwinnings vir Hoërskool Louis Trichardt, veral op die rugbyfront.
Die eerste opponente teen wie die Triegies te staan gekom het, was Afrikaans Hoër Germiston. Die wedstryde is op 3 Maart op Hoërskool Nylstroom se velde beslis.
“Louis Trichardt het Germiston behoorlik met die kous oor die kop huis toe gestuur. Ons spanne het skitterende rugby gespeel en die spanne het altesaam 45 drieë gedruk en slegs een afgestaan,” sê rugby-organiseerder Johan Mienie. Die eerste rugbyspan het 77-0 geseëvier, die O/16’s wen 91-0, die O/15’s wen 60-0 en die O/14’s wen 37-5. Mienie is vol vertroue dat die rugbyspanne goed op hierdie fondament sal voortbou.
Die skool se hokkiemeisies het ook op ‘n hoë noot begin. Drie spanne se opponente kon geen punte teen hulle aanteken nie. Die eerstespan wen 5-0, die O/15’s wen 3-0 en die O/14’s 1-0. Die O/16-span speel gelykop 1-1.
“Ons sien uit na ‘n soortgelyke vertoning van die hokkiespanne hierdie naweek,” sê hokkie-organiseerder Marie van Niekerk.
Die netbalmeisies het die pad Modimolle toe met groot opwinding aangepak. Hulle wen twee wedstryde en verloor twee. Die eerstespan verloor 24-27, die O/16’s wen 29-2, die O/15’s verloor 15-18 en die O/14’s wen 14-10. “Die afrigters en meisies bly entoesiasties en opgewonde oor die wedstryde wat voorlê,” sê netbal organiseerder Anri Viljoen.
Die volgende Super 16- wedstryde vind op 10 Maart op Springs plaas en die kragmeting is teen Hoërskool Johan Jurgens.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
