ADVERTISEMENT:

 

Conwaydag beloof om beter en groter te wees

 

Sport  Date: 09 March 2012

 

Plaaslike rugbyliefhebbers kan solank die biltong nader trek en gereed maak vir die Louis Trichardt Rugbyklub se jaarlikse Conway Rugbydag wat eerskomende Saterdag, 10 Maart, plaasvind.

Hierdie jaar sal die Conwaydag nie net ‘n fees van rugby oplewer nie, maar gaan dit ook gepaard met die amptelike opening van die nuwe rugbylapa en klubhuis. Die lapa en klubhuis het die afgelope paar maande nie net van eienaars verander nie, maar het ook ‘n gedaanteverwisseling ondergaan.

Die dag se program skop om 11:30 af met bulletjierugby. Daarna sal Laerskool Louis Trichardt se O/9-span teen Musina te staan kom om 12:30. Om 13:30 sal Triegies se O/10-span hulle eweknieë van Musina die stryd aansê, waarna Triegies se eerstespan teen Musina Laerskool se eerstes te staan kom.

Hierna sal Louis Trichardt se derdespan (Dendron) teen Univen se span op die veld draf. Hierdie wedstryd sal gevolg word deur Louis Trichardt se tweedes teen Pietersburg Dorp se tweedes om 17:30. Die hoogtepunt van die dag is die wedstryd tussen Louis Trichardt en Musina se eerstes, wat om 19:00 afskop.

Daar sal iets te koop wees vir die hongeres en dorstiges. Toegangsgeld by die hekke beloop R20 per voertuig.

Vir meer inligting kan klubvoorsitter Kevin Gilbert geskakel word by tel. 082 892 8769.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines