ADVERTISEMENT:

 

Hierdie swemmers van Hoërskool Louis Trichardt het op 18 Maart die Ebenezer Myl in Haenertsburg geswem. Voor, van links na regs, is Jason Cronjé, Elouise Spies (tweede meisie), Marianca Mattheus en Durandt Cloete. In die middel is Amari Kotzé (eerste meisie), Amoré Eksteen, Leandri Wolmarans en Monique Eksteen. Agter is Jaco van Zyl, Arno Venter (eerste seun) en Daniël Coetzee (tweede seun).

Gure weer stuit nie swemmers

 

Sport  Date: 27 March 2012

 

Elf swemmers van Hoërskool Louis Trichardt het die Ebenezer Myl in die Ebenezerdam in Haenertsburg op 18 Maart geswem.

Hierdie dapper swemmers het yskoue water en ‘n digte mis trotseer. So sonnig as wat dit die Saterdag was, so koud en trietsig was dit die Sondag. As gevolg van die mis is die myl (1609 meters) vir ‘n paar uur uitgestel.

Van die deelnemers en hul families het as gevolg van die swak weer opgepak en huistoe gegaan. Toe die aankondiging kom dat die 500m swem wel gaan plaasvind, het die hoërskool swemmers ingespring en geswem. Dit blyk toe vir hulle ‘n opwarming te wees, want nadat hulle ‘n kort ruskansie gegun is, is daar besluit dat mans en vroue gelyk ‘n verkorte myl (1400m) sou swem. Hulle het weer die mistige dam aangedurf. Hulle swem organiseerder, me. Ilze Coetzee, het ter ondersteuning saam met hulle geswem.

Die eerste seun uit die water was Arno Venter (24:46), met Daniël Coetzee (25:48) kort op sy hakke. Die eerste meisie was Amari Kotzé (26:40), met Elouise Spies na haar (28:44). Juffrou Ilze was die vyfde swemmer van die skool om die afstand te voltooi in ‘n tyd van 29:44. Die tye is met die hand geneem  en die amptelike tye was teen druktyd nie beskikbaar nie.

Van die skool se swemmers gaan op 25 Maart die Bosveldmyl swem in Bela Bela.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines