ADVERTISEMENT:

 

‘n Limpopo aflosspan, met twee Triegie atlete, verdien ‘n brons medalje by die nasionale laerskole atletiekkampioenskappe op 23 en 24 Maart in Durban. Een van Limpopo se brons medaljes is verwerf deur die O/13 seuns aflosspan, waarvan Allie Sefole (links) en Daniël Joubert van Laerskool Louis Trichardt deel is.

Twee bring brons terug van SA´s

 

Sport  Date: 30 March 2012

 

‘n Limpopo aflosspan, met twee Triegie-atlete daarin, het ‘n brons medalje by die nasionale laerskole atletiekkampioenskappe gewen.

Dié kampioenskappe is op 23 en 24 Maart by die Kingsmead Stadion in Durban aangebied. Limpopo verdien ‘n totaal van 13 medaljes, waarvan twee goud, twee silwer en nege brons medaljes is.

Helfte van die Limpopo aflosspan is dus Triegies! Alhoewel hulle derdeplek slegs as een brons medalje vir Limpopo tel, het Allie en Daniël elk hul eie brons medaje ontvang. Dit is Daniël se tweede brons medalje op die SA’s. Verlede jaar was hy deel van die O/12-aflosspan wat ook brons ontvang het. Allie het vanjaar ook die semi-finaal van die 100m gehaal.

Die O/13-aflosspan het egter eers gemeen dat hulle vierde gekom het na Gauteng, Wes-Kaap en die Vrystaat. Groot was hulle vreugde toe hulle in die derdeplek ingeskuif het nadat daar ontdek is dat Vrystaat nie geregistreer het nie. Hulle tyd was dieselfde as Noordwes s’n, maar Allie het eerste gebreek by die wenstreep.

Limpopo se Nare Mokonyana het die rekord gebreek vir die 1200m vir meisies O/10 met haar tyd van 3:56.82 en ook die trofee vir die beste dogtersbaanatleet van die dag ontvang. Limpopo se ander goue medaljewenner was ook ‘n meisie en ‘n 1200m atleet, Itumeleng Rasakanya, met ‘n tyd van 3:47.84 in die O/12-ouderdomsgroep.

Gauteng het die byeenkoms gewen met 66 medaljes, waarvan 28 goud is. Wes-Kaap was tweede met 47 medaljes (13 goud) en Vrystaat kort op hulle hakke met 44 medaljes (11 goud).Vierde en vyfde was Noordwes en Mpumalanga, beide met 24 medaljes en 9 goud. In die sesdeplek was Oos-Kaap met 15 medaljes (6 goud), dan Limpopo met sy 13 medaljes (2 goud), gevolg deur Kwazulu Natal met vyf medaljes (2 goud) en Noord-Kaap met drie medaljes en geen goues.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines