ADVERTISEMENT:

 

generic image

Nog tyd om te oefen vir Kremetart

 

Sport  Date: 16 April 2012

 

Die tyd is besig om vinnig uit te hardloop vir dié fietsryers wat nog wil voorberei vir deelname aan een van die Soutpansberg se grootste sportgebeurtenisse, die jaarlikse Kremetart Fietswedren.

Met die fietswedren wat oor agt weke (8 tot 10 Junie) plaasvind, gaan die P&L Hardeware Fietsryklub elke week bietjie raad gee ten opsigte van die 175km. Dit is in die vorm van ‘n oefenprogram. Vir die volgende week kan fietsryers Maandag ‘n maklike 45 minute op die spinfiets spandeer. Dit word Dinsdag gevolg met ‘n 40km rit op die N1, wat insluit drie agt-minuut-lange trapsessies met drie minute rus tussenposes. Woensdag word die bene erg getoets wanneer fietsryers twee keer van Cloud's End Hotel na Mountain View buite Louis Trichardt moet trap. Donderdag behels ‘n 60km trap uit op die N1, waarna daar Vrydag bietjie gerus kan word. Saterdagoggend word daar 40km op die Witvlagpad gery en die middag is daar ‘n 50km trap. Sondag word daar weer 60km op die N1 gery.

Met die groot invloei van fietsryers en hul ondersteuners oor die Kremetart naweek, is akkommodasie steeds ‘n kopseer. Derhalwe het die klub almal wat ekstra akkommodasie vir die naweek beskikbaar kan stel, versoek om so spoedig moontlik met hulle te skakel. Die tyd raak ook min vir mense om stalletjies te bespreek. ‘n Uitstalruimte kos R300 vir drie dae (vanaf Vrydag tot Sondag ná die bergfiets-afdeling).

Om akkommodasie aan te bied, ‘n stalletjie te bespreek of vir meer inligting oor die klub, skakel Stanley by 082 493 3897, Koos by 082 490 6013, Mark by 083 324 8495, Jandré 083 288 5426 of Paula by 015 516 1228.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines