

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 23 April 2012
Superskut Vincent van As (18), twee maal Suid-Afrikaanse senior luggeweerkampioen, benodig steeds fondse om vanjaar in Duitsland by die Wêreldbeker Luggeweerkampioenskappe te gaan skiet.
Vincent, ‘n Graad 12 leerder by Hoërskool Louis Trichardt, sal die jongste skut wees wat aan vanjaar se Wêreldbeker deelneem. Die gemiddelde ouderdom van die deelnemers is 33 jaar. Die kampioenskappe vind vanaf 21 ot 26 Mei plaas.
Vincent is die Suid-Afrikaanse junior en senior rekordhouer.Tydens verlede jaar se Suid-Afrikaanse kampioenskappe het Vincent ‘n rekord verbeter wat sedert 2005 gestaan het. Vincent het 589 punte uit ‘n moontlike 600 geskiet en die rekord het op 588 gestaan. Hierdie telling is sy amptelike beste, alhoewel hy nie-amptelik al ‘n hoër telling behaal het.
Vincent het verlede jaar in Egipte as lid van die junior Proteas vierde by die Afrikabeker geëindig met ‘n telling van 587 uit 600 in die Olimpiese presisie afdeling. Hy is vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar keer gekies om lid van die senior Proteaspan te wees, alhoewel hy nog ‘n junior is. Hy vertrek op 20 Mei na Duitsland.
Hy benodig R22 500 vir die reis en verblyf. Dit is sonder die nodige visums, sakgeld, kosgeld en Protea-klere. Die helfte van die reisgeld is reeds betaal en die ander helfte moet voor 10 Mei vereffen wees.
Vincent het in die skoolvakansie ‘n hoenderverkoop-projek aangepak om fondse te in. Hy sê dat die projek nie so goed afgegaan het nie. ‘n Projek wat baie beter gevaar het en waar hy sy skietvernuf kon gebruik en deel, was ‘n vakansie afrigtingskursus wat hy in Polokwane aangebied het.
“Van die 13 skuts wat ek afgerig het, het die meerderheid medaljes by hul volgende byeenkoms ingepalm,” sê Vincent. Dié projek het sowat R3 300 opgelewer.
Indien daar sakemanne of organisasies is wat graag ‘n bydrae of donasie ten opsigte van Vincent se onkostes wil maak, is hulle welkom om Vincent te skakel by 078 155 4302 of pa Thinus van As by 083 268 6453.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
