

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 04 May 2012
Belowende jong fietsryer CP van Wyk is die algehele wenner van die naweek se groot Spar Forest2Falls bergfietsuitdaging in Mpumalanga.
CP, ‘n Graad 11-leerder van Hoërskool Louis Trichardt en lid van die P&L Hardeware fietsryklub, het hierdie gewilde bergfiets uitdaging by die Mac Mac Watervalle tussen Sabie en Graskop op Saterdag, 28 April, aangedurf. CP het homself oortref en nie net die junior manskategorie gewen nie, maar algeheel eerste geëindig.
CP het aan die 35km-rit deelgeneem en in 1:27 klaargemaak, terwyl hy ‘n gemiddelde spoed van 24.1 kilometer per uur gehandhaaf het. Daar het sowat 1000 deelnemers aan die onderskeie afstande deelgeneem, met ongeveer 400 wat die 35km saam met CP aangepak het.
Die Forest2Falls organiseerders sê graag dat hierdie bergfietsuitdaging een van die wedrenne is met die mooiste natuurtonele. Daar word deur plantasies gery met ‘n uitsig vanaf die Drakensbergse platorand. Daar is in drie katergorieë deelgeneem: 17km, 35km en 70km. Die 35km rit word beskryf as die mooiste roete en gaan verby die watervalle.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
