

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 11 May 2012
Bergfietsryers van Louis Trichardt het die afgelope naweek bietjie die bene gaan oefen tydens die Magoebaskloof bergfietsuitdaging oor afstande van onder meer 20km, 35km en 45km.
Sarah Venter, wat die afgelope paar maande haarself gevestig het as een van die streek se top vrouebergfietsryers, het weereens beïndruk deur as eerste vrou oor die wenstreep te trap in die moordende 45km wedren. Sy was ook die eerste vroue sub-veteraan. Shaun Constable het die beste van die plaaslike ryers presteer in die 45km wedren deur algeheel derde te eindig. Hy was ook die eerste senior man tuis.
In die 20km was dit Catherine Labuschagne wat algeheel derde eindig in die vroue-afdeling. Catherine is ook geen vreemdeling op die podium die afgelope paar wedrenne nie. Buiten haar derdeplek was sy ook die eerste vroue sub-veteraan by die wenstreep. Louise Olivier, ‘n leerling van Hoërskool Louis Trichardt, het ook aan die 20km wedren deelgeneem en verras deur algeheel vierde te eindig in die vroue-afdeling.
Marius Smit het ook bietjie gaan sweet. Hy het aan die 35km-wedren deelgeneem en palm ‘n algehele 37ste plek in.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
