ADVERTISEMENT:

 

Inus Steyn van Polokwane en lid van die Soutpansberg Gholfklub wen hierdie jaar se gesogte Hanglip 54-toernooi trofee, nadat hy die toernooi met 116 individuele Stableford-punte inpalm.

Inus te goed vir res van Hanglip 54-veld

 

Sport  Date: 20 July 2012

 

Plaaslike gholfer Inus Steyn het die afgelope naweek die gesogte Hanglip 54-trofee omhoog gelig, nadat hy die toernooi oor drie dae met ‘n skaflike gesamentlike individuele Stableford-telling van 116 punte gewen het.

Die Hanglip 54-toernooi, wat vanaf 12 tot 14 Julie vir die 19de agtereenvolgende jaar deur die Soutpansberg Gholfklub in Makhado (Louis Trichardt) aangebied is, lok jaarlikse ‘n vol veld van 128 spelers van regoor die land. Die toernooi se fokus is sedert sy ontstaan op besoekende spelers en vanjaar was geen uitsondering nie. Bykans die helfte van die veld is opgeneem deur besoekers.

Hoe die toernooi werk is dat spelers in spanne van twee elke dag in ‘n beterbal Stableford-kompetisie meeding. Elke dag is daar dus twee wenners. Die algehele wenner is egter die speler wat die beste individuele Stableford-telling oor al drie dae aanteken.

Steyn, tans van Polokwane maar lid van die plaaslike gholfklub, het die mees konstante gholf oor die drie dae gespeel met ‘n daaglikse individuele Stableford-telling van rondom 38/39 punte. Hendrikus Stoop, ook nie onbekend in plaaslike gholfgeledere, was algeheel tweede met 111 punte en Wessel van Wyk en Chris de Wet onderskeidelik derde en vierde na ‘n uittel met 108 punte.

Wat die daaglikse beterbal Stableford-kompetisies betref, word die eerste dag se spel gewen deur Ockert Marits en Green van Rensburg met ‘n telling van 48 punte. Norman Pretorius en Vic Jacobs was tweede met 45 punte en Kobus Barkhuizen (snr.) en Marius Mostert derde na ‘n uittel, met 44 punte.

Dag twee se spel word gewen deur twee vroue, Marina Stoop en Anli Prinsloo, wat 46 beterbal Stableford-punte bymekaar maak. Kobus Barkhuizen (jnr.) en Floors van Wyk was tweede na ‘n uittel, met 45 punte, met Rampie Gilfillan en Raymond Pretorius derde, ook met 45 punte.

Marina deel ook die eerste plek na afloop van die derde dag se spel, dié keer met spanmaat Gert Prinsloo, met ‘n telling van 48 punte. Inus en spanmaat Morné Gouws was tweede met 47 punte en Craig Whitcomb en Johan Geere derde na ‘n uittel, met 46 punte.

Klubkaptein Pieter Senekal het tydens die afsluitingsete Saterdagaand die toernooi as ‘n groot sukses beskryf. Lof is uitgespreek teenoor al die borge wat die byeenkoms moontlik gemaak het, insluitend Rossie Bezuidenhout, Brink Schlesinger, PG Glass, Coca-Cola Fortune, Makhado Munisipaliteit, Talisman, Louis Trichardt Bierverspreiders, South African Breweries, M Premjee & Son, Louis Trichardt Scrap Metals, Newco Scrap Metals, Libertini Trust, Imperial Commercials, Cargo Motors, Imperial GM (Louis Trichardt) en Auto Pedigree Limpopo.

Vir die volledige uitslae en meer inligting oor die toernooi en die Soutpansberg Gholfklub, besoek hul nuwe webwerf by www.spbgolf.co.za.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines