

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 27 July 2012
Die O/15A-rugbyspan van Hoërskool Louis Trichardt is gekroon as die Limpopo-ligawenners vir medium skole.
In die finaal op 21 Julie in Polokwane het die Triegies 13-8 teen Hoërskool Hans Strijdom van Mookgophong gewen.
Vroeg in die eerste helfte het Triegies se kaptein en binnesenter, Lukas Visser, die eerste drie gedruk nadat hy deurgebars het. Hans Strijdom het op hulle beurt geantwoord deur ook ‘n drie te druk en die telling het op 5-5 elk te staan gekom. Daarna het heelagter Juan Phillips van Triegies geslaag met ‘n strafdoel, met die telling 8-5 in Triegies se guns.
In die tweede helfde het Vhuthu Malakana, die regtervleuel, geslaag met die enigste drie van hierdie helfte. Die buitesenter se tydsberekening was perfek toe hy die laaste verdediger van Hans Strijdom getrek het en die bal aangegee na die vleuel met ‘n oop doellyn voor. Hans Strijdom het teen die einde van die wedstryd ‘n strafdoel aangeteken.
Die span se afrigters, mnre. Armand Stander en Tjorra Nagel, is baie trots op hul span.
“Dit was ‘n harde wedstryd,” het Stander gesê. “Hulle het soos ware kampioene teen ‘n baie sterk span gespeel en gewen,” het die skool se rugby-organiseerder, mnr. Johan Minnie, bygevoeg.
Wors Mulaudzi, die onderkaptein van Triegies se O/15A’s, is aangewys as die Speler van die Wedstryd.
Die ligawenners en naaswenners van elke provinsie gaan deur en neem deel aan die Beeldtrofee. Triegies se O/15-span speel eerskomende Saterdag (28ste) in die eerste rondte van die Beeldtrofee teen Hoërskool Piet Retief op Piet Retief.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
