ADVERTISEMENT:

 

Hoërskool Louis Trichardt se bergfietsspan, wat die afgelope naweek deelgeneem het aan die eerste rondte van die Anatomic Spur Bergfietsreeks in Pretoria. Van links na regs is Jaco Linde , CP van Wyk, Christiaan Roos, Ayerton du Randt, Jacques Labuschagne en Juandré Brits. Foto verskaf.

Goeie begin vir Triegies se bergfietsspan

 

Sport  Date: 03 August 2012

 

Hoërskool Louis Trichardt se bergfietsspan beklee ‘n algehele 10de plek op die punteleer na afloop van die eerste rondte van die Anatomic Spur Hoërskole Bergfietsreeks as deel van die nasionale skoleliga.

Triegies se bergfietsryers het Saterdag saam met spanne van 75 ander hoërskole landwyd deelgeneem aan die Tour de Dam by Hoërskool Hartebeespoort in Pretoria. Dié wedren was die eerste van drie kwalifiserende rondtes ten opsigte van die nasionale kampioenskappe later vanjaar. Tydens die wedrenne moet fietsryers Cross Country-rondtes van ongeveer 5km elk drie, vier of vyf keer voltooi, afhangend van hul ouderdomsgroep. Spoed is die beslissende faktor, met een punt wat aan ‘n fietsryer toegeken word vir deelname, waarna punte toegeken word ten opsigte van posisie tot die algehele 25ste plek.

Triegies se bergfietsryer wat die beste presteer het was CP van Wyk, wat algeheel tiende eindig in ‘n tyd van 00:57:16 en 17 punte vir die skool inbring. Christiaan Roos verdien op sy beurt vier punte vir die skool met sy 21ste posisie. Ander fietsryers wat deel gevorm het van die Triegie-span was Jaco Linde, Ayerton du Randt, Jacques Labuschagne en Juandré Brits.

Die span se volgende kragmeting is by Bekker Skole in Magaliesburg en daarna by Groenkloof in Pretoria.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines