

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 27 September 2002
LOUIS TRICHARDT – 'n Groot hoeveelheid van die streek se top atlete sal eerskomende Saterdag (28ste) weer op Louis Trichardt vergader vir deelname aan die Soutpansberg Atletiekklub se gewilde jaarlikse Bergwedloop.
Die wedloop oor 'n afstand van 21,1 kilometer word vanjaar vir die elfde keer aangebied. Atlete kan vanaf 05:30 vir die wedloop registreer, waarna hulle om 07:00 vanaf die atletiekklub se klubhuis in Bredastraat sal wegspring. Stappers sal reeds om 06:30 wegspring en deelnemers aan die 10km-wedloop om 07:15.
Deelname aan die Bergwedloop beloop R30 per atleet, terwyl atlete wat in die 10km-wedloop wil deelneem R15 sal moet opdok. Tydelike lisensies sal teen R10 beskikbaar wees.
Kontantpryse sal aan elk van die kategorie wenners in die Bergwedloop oorhandig word, asook goue medaljes. Die daaropvolgende twintig atlete sal elk 'n silwer medalje ontvang, terwyl brons medaljes toegeken sal word aan die res van die atlete wat die wedloop voltooi. Die afsnytyd in die Bergwedloop is 09:30 met die prysuitdeling wat om 09:45 sal volg. Medaljes sal ook aan stappers en deelnemers aan die 10km-wedloop oorhandig word.
Vir meer inligting oor die wedloop, akkommodasie, reëls en bankbesonderhede, skakel Hester by tel. (015) 516 0164 of Krakies by 082 927 5298.

ADVERTISEMENT:
