ADVERTISEMENT:

 

Die Soutpansberg Muurbalklub se B-span kon daarin slaag om die verdedigende kampioene, Kentron, te onttroon en die B-afdeling van die 24ste Soutpansberg Uitdaag in te palm. Die span het bestaan uit Ronel Welman (voor) en (agter, van links na regs), Jan Kleynhans (voorsitter), Cilliers Vosloo, Franco Welman, Chris Venter (namens Autozone as hoofborg), Willem van Wyngaard, Jacques Smalle en Theo Schlieben.

Soutpansberg B onttroon verdedigende kampioene

 

Sport  Date: 24 August 2012

 

Die Soutpansberg Muurbalklub het vanaf 17 tot 19 Augustus vir die 24ste keer hul gewilde jaarlikse Soutpansberg Uitdaag  aangebied.

Die toernooi is die eerste keer in 1988 aangebied en deur die jare het dit gegroei van ‘n aanvanklike vier spanne na agt spanne wat in ‘n A- en B-afdeling meeding.

Vanjaar se uitdaag is beslis tussen Louis Trichardt, Tzaneen (kombinasie), Kentron en Adelaars. Laasgenoemde twee spanne kom vanaf Pretoria.

In die A-afdeling het Adelaars, die verdedigende kampioene, hulle titel suksesvol verdedig. Tzaneen eindig tweede, met Soutpansberg derde en Kentron laaste. Ruan Welman, wat vir Tzaneen se kombinasiespan gespeel het, het slegs twee spelle afgestaan en is aangewys as die beste A-span speler van die toernooi.

Die B-liga het ‘n taai stryd opgelewer. Soutpansberg kon daarin slaag om die verdedigende kampioene, Kentron, te onttroon en as wenners uit te tree. Tzaneen eindig tweede, Kentron derde en Adelaars vierde.

Autozone tree die afgelope twee jaar as hoofborg van die toernooi op. Deur die jare was daar ook ander sakemanne en ondernemings wat die toernooi geborg het, insluitend onder andere Sanlam (Paul Horn), Marius Brönn Apteek, Summit Auto Body Shop en Coca-Cola Fortune. Die klub wil erkenning gee aan hierdie borge, wie se bydrae die toernooi gevorm en uitgebou het tot waar dit vandag is. Ander ondernemings wat vanjaar ook bygedra het met pryse en borgskappe was Coca-Cola Fortune, Premier Auto, Dinnermates, SA Breweries, NTK, PricewaterhouseCoopers, Talisman, Jan Kleynhans (Mike's Kitchen) en Comien Veggies.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines