ADVERTISEMENT:

 

Hoërskool Louis Trichardt se fietsryafrigters saam met twee van die Triegiespan se senior ryers wat vir groot opwinding gesorg het tydens die tweede rondte van die Anotomic Spur Hoërskole Bergfietsreeks wat die afgelope naweek beslis is. Van links na regs staan Daniëlle Loubser, Christiaan Roos, CP van Wyk en Renata Joubert. Foto verskaf.

Tweede tiende plek vir Triegies in bergfietsreeks

 

Sport  Date: 24 August 2012

 

Hoërskool Louis Trichardt se bergfietsspan eindig vir ‘n tweede keer algeheel tiende uit 75 deelnemende hoërskole in die landswye Anotomic Spur Hoërskole Bergfietsreeks.

Sestien van die skool se bergfietsryers het op Saterdag, 18 Augustus, gaan deelneem aan die tweede rondte van die liga, die Tour de Plaas, by Hoërskool Bekker in Magaliesburg.

‘n Paar van die skool en streek se belowende jong fietsryers blink weer uit. CP van Wyk behaal ‘n algehele vyfde plek uit 119 ryers in sy ouderdomsgroep, terwyl spanmaat Christiaan Roos algeheel 18de eindig in dieselfde ouderdomsgroep. Nic Grobler palm ‘n algehele 24ste plek uit 129 ryers in sy ouderdomsgroep in.

Van die meisies wat goed presteer het, was Zaske Woest, wat algeheel 7de eindig uit 18 ryers in haar ouderdomsgroep en Bianca Oberholzer, wat 9de eindig uit 20 ryers in haar ouderdomsgroep.

Ander Triegieryers wat deelgeneem het en medaljes verwerf het, was Juandré Brits, Jonathan van Dijkhorst, Jacques Labuschagne, Louise Olivier, Jaco Linde, Ruwan Pieterse, Bernard Volschenk, Shoni Nemavhidi, Tanique Thompson, Kunj Desai en Luhan Holtzhausen.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines