

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 30 August 2012
Die P&L Fietsryklub se jaarlikse Makoppa Tweekamp, wat die afgelope naweek by Schoemansdal buite Makhado (Louis Trichardt) beslis is, het weereens ‘n verskeidenheid fietsryers en hardlopers gelok.
Die algehele wenner was André Prinsloo wat die 4km draf, 40km fietsry en weer 4km draf in ‘n tyd van 02:02:10 voltooi het.
Een van die klub se opkomende juniors, Gift Nefolovhodwe, was die algehele wenner in die 3km draf, 30km fietsry en weer 3km draf in ‘n tyd van 01:31:28. Hy was ook die eerste O/19. Klubmaat Rick Coetzee was algeheel tweede in dié afdeling en ook die eerste senior man in ‘n tyd van 01:33:19.
Nuweling Flippie Potgieter het die 1km draf, 10km fietsry en weer 1km draf gedomineer in ‘n verrassende tyd van 00:37:42, met jong Benjamin Taylor van Ridgeway Kollege in die tweedeplek. Die jongste atleet van die dag was die sesjarige Xander Keyser, wat ook aan dié kategorie deelgeneem het.
Eerskomende naweek neem die klub deel aan die Lentetrap in Polokwane, gevolg deur die VulaVula by Die Eiland op 15 September.
Intussen het die klub die Soutpansberg Atletiekklub bedank vir hul samewerking en bydraes om die Makoppa ‘n sukses te maak, asook vir Schoemansdal vir die gebruik van hul fasiliteite en die verkeersdepartement vir hul teenwoordigheid.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
