

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 06 September 2012
Die finaal is op 1 September teen Hoërskool Merensky op Capricorn se velde in Polokwane gespeel. Vroeër in die seisoen het die Triegies twee keer teen Merensky te staan gekom, waarvan hulle een wedstryd met ses lopies verloor het en die tweede een met vyf paaltjies gewen het.
In die finaal het die Triegies met ses paaltjies gewen.
“Dit was ‘n 35-beurt wedstryd. Hulle het die loot gewen en ons ingestuur om veldwerk te doen. In die 12de beurt het ons hulle almal uitgehaal vir 39 lopies. Die kinders het so mooi geboul!” sê afrigter Cronnie Cronjé.
Triegies het gaan kolf en in die elfde beurt die wenlopies behaal met ses paaltjies staande. Die span bestaan uit jong spelers waarvan die meeste in Graad 8 is, met net vier Graad 10’s saam met hulle.
Die beste bouler was Geraldine van der Berg (Graad 10) en die beste kolwer Jonandi Aucamp (Graad 9).
Die afrigters en span bedank mnr. Naas Pohl vir sy hulp met die afrigting, asook vir al die ouers en ondersteuners.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
