ADVERTISEMENT:

 

Hierdie groep meisies van die Louis Trichardt Gimnastiekklub het almal die afgelope naweek Limpopo Kleure verwerf. Voor, van links na regs, is Cara van der Goot, Elma Baker, Carla Smith, Mike Loubser, Anicka Nel en Elnerick Nel. In die middel is Wilma van der Merwe, Danicka Knoetze, Chrisja Pretorius, Marelique van der Merwe, Stefanie Scheepers, Dominique Nel, Ziamay Malan, Annemie Grobler en Isabella Marais. Agter is Rochelle du Plessis, Ivonne Denkewitz, Karlien Baker, Marianka Mattheus, Robin Withcomb, Bianca Spies, Yani Steyn, Iné du Plessis en Samantha Scheepers.

Veertig kry provinsiale kleure

 

Sport  Date: 13 September 2012

 

'n Totaal van 40 gimnaste van die Louis Trichardt Gimnastiekklub het die afgelope naweek Limpopo-kleure verwerf tydens die Limpopo Artistiese Gimnastiekkampioenskap wat plaaslik aangebied is.

Die bestuur van die klub het hul dank uitgespreek teenoor verskeie persone en instansies wat die dag moontlik gemaak het weens hul borgskappe, insluitend Gerrie Vorster van SGT Granite Tops (hoofborg), Franna Knoetze, Phillip Potgieter, Spar, Ocean Basket, Steers, Roman's Pizza, 139 on Munnik, Avoca Vale Guest House, Eerste Nasionale Bank, Die Vleismark, Prima Slaghuis, Shoprite, Madeleine Nel, Sanri du Plessis, Sunelia Oelofse, Robert Marais, Johan van Dyk Loodgieters, Noenie Mattheus, Adri Spies, en Nel, Havenga en Corbett.

Dié klub het ook groot waardering uitgespreek vir die Soutpansberg Muurbalkklub vir die gebruik van hul fasiliteite.

"Baie geluk aan al 40 die gimnaste wat Limpopo-kleure verwerf het. Ons is baie trots op julle," het die bestuur van die gimnastiekklub gesê.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines