ADVERTISEMENT:

 

Hoërskool Louis Trichardt se bergfietsspan, wat as die beste in die provinsie en algeheel 12de eindig in die nasionale bergfietsliga vir hoërskole. Voor, van links na regs, is Shoni Nemavhidi en Luhan Holtzhausen. Agter hulle is Christiaan Roos, Jacques Labuschagne, Ayerton du Rand, Kunj Desai, Willie Joubert, Adrian Steyn, Bernard Volschenck, me. Renata Joubert (afrigter), Jaco Linde, Ruwan Pieterse, CP van Wyk, Tanique Thompson, Zaske Woest en Bianca Oberholzer. Op die telbord staan Juandré Brits en Jonathan van Dijkhorst. Afwesig: Louise Olivier, Nic Grobler, mnr. Johan van Dijkhorst (afrigter) en me. Daniëlle Laubser (afrigter).

Triegies beste bergfietsspan in Lim

 

Sport  Date: 21 September 2012

 

Hoërskool Louis Trichardt het weereens uitstekend gevaar tydens die afgelope jaarlikse bergfietsliga vir hoërskole.

Die wenskole is oor drie byeenkomste bepaal, naamlik die Tour de Dam by Hartbeespoortdam,  Tour de Plaas by Bekker op Magaliesburg en Tour de Kloof in Pretoria by Fonteinedal.

Triegies eindig na afloop van die laaste byeenkoms eerste in die Limpopo Provinsie en algeheel 12de op die punteleer uit 77 hoërskole nasionaal. Die algehele wenners van die liga was Hoërskool Waterkloof. Triegies se prestasie was uitsonderlik, as daar in ag geneem word dat groter stadskole soos Centurion, Menlopark, Helpmekaar en Grey Kollege onder die eerste 10 plekke geëindig het.

Eerskomende naweek vind die nasionale kampioenskappe by Hoërskool Bekker plaas en Triegies is vir die tweede agtereenvolgende jaar genooi om deel te neem. Die drie wenskole in elke provinsie, asook Namibië, Botswana en Zimbabwe, sal tydens dié byeenkoms sake uitspook om ‘n nasionale wenskool te bepaal.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines